Monday, July 23, 2012

Netball News : 23 July 2012

Drie van ons 1st span netbalspeelsters is tydens die vakansie tot die o.17-  SA oefengroep verkies.  Veels geluk aan Megan Gossmann, Abeline Olivier en Courtney Taljaard met die skitterende prestasie.

Die 1st span en o.14A's gaan die WP en Wes-Kaap van 2 – 5 Augustus by die nasionale Uitdaagtoernooi in Boksburg verteenwoordig.  Baie sterkte aan die 2 spanne vir die voorbereiding vir die prestige toernooi.

A.g.v. die reën is die ligawedstryde teen Tygerberg uitgestel.

Die 1st span het wel teen Bonnievale gespeel  en met 36 – 14 geseëvier.

'n Spesiale dankie aan die 2 lede van die noodhulpspan wat op kort kennisgewing Saterdagmiddag diens gedoen het.  Die Stellies waardeer jul opoffering.

Die 1st span het ook Donderdag met Bloemhof afgereken met 'n telling van 27 – 17.

Dinsdagmiddag speel die 1st span, o.19B, o.16A en B en o.14A, B en E –spanne by DF Malan.  Die program is op die kennisgewingbord.  Baie sterkte aan die spanne.

Vrydag neem 'n o.15 span aan 'n toernooi by Melkbos deel.  Baie sterkte!!

Die lede van die WP Jongspan neem Vrydag en Saterdag aan die Spar toernooi op Clanwilliam deel.  Ons hou duimvas vir die Stellies en hul spanmaats!

No comments:

Post a Comment